Nous utilisons des cookies pour personnaliser le contenu, fournir des fonctionnalités de médias sociaux et analyser notre trafic et soutenir nos clients. Nous partageons également des informations sur votre utilisation de notre site avec nos partenaires de médias sociaux, de publicité et d'analyse qui peuvent les combiner avec d'autres informations que vous leur avez fournies ou qu'ils ont collectées lors de votre utilisation de leurs services. Vous consentez à nos cookies si vous continuez à utiliser notre site Web. Apprendre encore plus

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong, BSH-RS00783

Maison individuelle | Vente

Area:
254m2
Des lits:
3
Thermes:
2

Détails

Stylvolle 3-Slaapkamer Huis met 3 Motorhuise en Lapa in Veilige Golf Park-kompleks – Naboomspruit Hierdie netjiese siersteenhuis in die gewilde Golf Park-kompleks bied ‘n rustige, veilige leefstyl met alles wat jy nodig het vir gesinslewe én vermaak. Die woning beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan die hoofslaapkamer ‘n moderne en-suite badkamer het vir ekstra privaatheid en gerief.

By binnekoms word jy verwelkom deur ‘n stylvolle ingangsportaal, wat ook as ‘n knus leeshoekie in die winters son kan dien met ‘n sitkamer van gerieflike grootte, en die twee gastekamers weerskante van ‘n gedeelde badkamer is gerieflik aan die linkerkant van die leefarea geleë. Die oopplan kombuis en eetkamer is die hart van die huis – met graniet werkoppervlaktes en ‘n ontwerp wat sosiale kook en kuier vergemaklik. Vanaf die eetarea stap jy in die hoofslaapkamer in, wat ‘n luukse toevlug bied met sy en-suite badkamer.

Vir diegene wat graag onthaal, is die Lapa met ingeboude braai ‘n groot pluspunt. Dit is perfek vir familiebyeenkomste en rustige aande saam met vriende. Agter die Lapa is ‘n houthuisie vir ekstra stoorplek, sowel as ‘n netjiese tuin met ruimte vir ‘n groentetuin.

Die drie motorhuise met houtdeure met afstandbeheer bied oorvloedige parkeer- en werksruimte. Aan die agterkant van die motorhuise is ‘n ingeslote wasgoed- en strykarea, asook ‘n afsonderlike kamer met ingeboude kaste – ideaal vir ‘n tuiskantoor, naaldwerkkamer of stokperdjiehoek met deure wat uitloop op die groentetuin area.

Kenmerke van dié eiendom sluit in: • 3 slaapkamers, 2 badkamers (1 en-suite) • Oopplan kombuis met granietblaaie en eetarea • Ingangsportaal/leeshoekie • Lapa met ingeboude braai • 3 motorhuise met afstandbeheer en werksruimte • Was- en strykarea • Stokperdjie, naaldwerk kamer of kantoor • Stoorplek in houthuisie • Pragtige, gevestigde tuin • Veiligheidskompleks met slegs R250 maandelikse heffing

Hierdie is ‘n uitstekende keuse vir gesinne, afgetredenes of enigeen wat op soek is na ‘n veilige, gemaklike en sosiale leefstyl in een van Naboomspruit se mees gesogte kompleksgebiede. Kontak ons vandag vir ‘n afspraak om hierdie besonderse eiendom te besigtig.


Map Details


Agent immobilier

Suzette Van Staden

Non-Principal Property Practitioner

Contact Suzette